WELKOM BY ENROUTE

koffie
Ons is `n redelike nuwe geloofsgemeenskap in Kemptonpark. Ons is `n groep mense wat deur Jesus die nuwe lewe en ware Lewe gekry het. Ons kuier saam op Sondae om 09h00 by die LAPA van die Serengeti Golf Estate (sien asb die GOOGLE KAART by: "SOS" op hierdie webbladsy).

 

Ons kom bymekaar as `n groot familie om God te aanbid en om saam die lekker en vreugde van Christen-wees te vier! Ons vertel vir mekaar wat ons die afgelope week gesien en beleef het van GOD drie-enig wat leef. Jy kan verwag dat daar musiek, sang, gebede, liefde, lag en lekker koffie sal wees by elkeen van hierdie byeenkomste.

 

Ons verstaan ook dat ons geroep en gestuur is deur Jesus om nie net wanneer ons bymekaar is nie, maar ook in ons omgewing `n verskil te maak. Daarom vertrek ons weekliks saam op `n "toer" deur God se skepping en gaan leef as Sy kinders, medewerkers en gestuurdes ...

 

  • by die huis en die werk,
  • tussen ons vriende en vreemdes,
  • by ons ontspanningsplekke (restaurante, koffieshops, gimnasiums, golfbane...)
  • in die verkeer...
ens...

 

Ons geloofsgroep bestaan uit `n groot verskeidenheid van mense, met verskillende beroepe, uit verskillende omgewings, jonk en oud, getroud en ongetroud, verskillende denominasies... Ons het net een doel wat ons nastreef nl. ons soek saam na `n nuwe benadering van Christen-gelowige wees.

 

Ons sê ook graag dat daar geen reëls is nie, behalwe een: “IS JY REAL?”. Ons wil graag `n nuwe manier kry hoe om die dinge wat Jesus kom leer en leef het self ook te leef in die kultuur en konteks van ons omgewing. Kinders en tieners is volledig deel van hierdie geloofsfamilie!

 

KOM ASB NET SOOS JY IS – GEEN VOORSKRIFTE OOR KLEREDRAG, OUDERDOM, TAAL OF KULTUUR NIE! WAT OOKAL JOU STANPUNT EN OPINIE OOR GELOOF, KERK of GODSDIENS... JY IS HARTLIK WELKOM!